[Afrikaans] Scratchtober 2026 ----- welkom by Scratchtober 2026! Sien die lys aansporings hier: https://scratch.mit.edu/projects/1386219222/ Scratchtober 2026, geïnspireer deur Inktober, bied 'n lys willekeurige temas (woorde, idees, onderwerpe) wat jy as inspirasie kan gebruik vir projekte gedurende twee weke in Oktober. Met behulp van hierdie temas kan jy kunswerke, speletjies, animasies, stories, tutoriale of enigiets anders wat jy jou kan voorstel, skep! Byvoorbeeld, as die opdrag “Stok” is, kan jy: - Teken of animeer 'n stokfiguur wat in die straat afloop - Skep 'n speletjie waarin jou karakter aan mure of plafonne kan vaskleef - Maak 'n handleiding oor hoe om jou eie plakkers te skep - Ontwerp 'n kampvuurtoneel waar jy malvalekkers aan 'n stok rooster. - Vertel 'n storie oor 'n gewone stok wat uitvind dat hy eintlik 'n towerstaf is. - Skep 'n kookprojek wat wys hoe om suikerappels of ander lekkernye op 'n stokkie te maak - Verken die dag in die lewe van ’n stok wat in ’n rivier afdryf, deel word van ’n voëlnes, of vriende maak met ’n hond - Stel jou 'n wêreld voor waarin alles uitsluitlik uit stokke bestaan, en skep 'n speletjie of kunswerk wat dit tot lewe bring - Wat kom by jou op wanneer jy die woord "stok" hoor? Teken dit en maak dit interaktief! - Skep 'n nuwe weergawe van 'n projek in die ateljee rondom hierdie tema en voeg jou eie idees by! Onthou, hierdie is slegs voorstelle! Jy is welkom om ook met jou eie idees vorendag te kom, of inspirasie te put uit projekte wat reeds in die ateljee is. Hou ook in gedagte dat daar soms meer as een betekenis of manier kan wees om ’n opdrag uit te beeld – en dis heeltemal reg! "Stok" kan byvoorbeeld verwys na ’n takkie van ’n boom, ’n stokmannetjie, ’n hokkiestok, ’n ligstokkie, iets wat klewerig is, of selfs vriende wat aan mekaar vashou – om maar net ’n paar moontlikhede te noem. Soms is dit wat vir ons die mees voor die hand liggende betekenis of uitdrukking is, vir iemand anders iets heeltemal anders; dit kan lei tot werklik opwindende en inspirerende skeppings! Die lys aanwysings kan hier gevind word: https://scratch.mit.edu/projects/1386219222/. Elke dag sal ons een projek wys, maar jy kan die lys opdragte vooraf sien as jy vroeg met 'n projek wil begin. Jy kan een keer, twee keer, of soveel keer as wat jy wil, deelneem! Kom loer elke dag weer in om te sien wat ander Scratchers maak. ^.^ Wat sal jy maak? - - - Dag 1: Stok Dag 2: Pastei Dag 3: Drankie Dag 4: Swaartekrag Dag 5: Diepsee Dag 6: Mis Dag 7: Middernag Dag 8: Teenoorgesteldes Dag 9: Magie Dag 10: Spook Dag 11: Spieël Dag 12: DDS (Doen-dit-self) Dag 13: Oranje Dag 14: Lekkergoed of poets